Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 10

Deur neels
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 3147 13 Kere gelees 2

HOOFSTUK 10

Ek weet nie of dit die glimlag of haar warmte is toe sy my styf teen haar vasdruk toe sy groet nie maar toe los my kop my heeltemal.

“Cindy wat is fout ons raak verloof hierdie naweek. Ek kom tel jou netnou op en dan gaan soek ons n ring”, gee ek die eerste stap in die afgee van my vryheid, en ek hoor al my manlike kollegas op kantoor: “nog een van Libanon se seders het geval”.

Cindy bekyk my en dan kom dit: “Nou wat het jou getref meneer? Die anti kantoor romanse man wil nou sommer verloof raak aan sy sekretaresse”, terg sy my.

Voor ek kan antwoord gaan sy aan: “Dit is reg so meneer, netnou verander jy van plan en ek gaan glad nie daarvan hou nie. Sien jou oor twee ure as jy my kom haal”, en daarmee klim sy in haar kar na n vurige soen.

Twee ure later stop ek voor Cindy se huis waar sy my inwag en innooi en my sitkamer toe vat waar haar pa en ma ook sit en my verwelkom. Sy kom sit langs my en vat my hand, tot my verleentheid, in hare.

Sy laat nie op haar wag nie: “Pa, Ma, ek en Melt wil verloof raak en ons wil julle goedkeuring tot so n groot stap hê voordat ons gaan ring soek”.

Koos en Cathy Cloete bekyk my en vir my voel dit of ek die aarde kan insink maar dan red Koos my uit my verleentheid uit: “Nou maar baie geluk julle twee. Ek wil net voorstel dat julle volgende naweek op die plaas verloof raak wanneer almal daar is. Ek stel voor dat Melt sy aanneem pa en ma ook nooi”.

Cathy plaas die stempel op met haar voorstel: “Ek sal sommer vanoggend met Colleen reël dat hulle ook kom, daar is genoeg slaapplek in daardie enorme huis”.

Met haar ouers se seën raak ons haastig want dit is al laat en besluit ons om sommer in Uitenhage te gaan ring soek.
Gelukkig kry ons gou n ring waarvan Cindy hou en dit pas. Tot my verligting ook nie te duur nie. Saam met die trouring laat my kredietkaart net n ligte kreun ontsnap en nie n n droewige kreet nie.

Oppad terug stop ons by ma Aletta om haar die nuus mee te deel. Ma Aletta is skoon uit haar vel uit van blydskap en spreek haar seen uit: “Melt ek het van die begin af geweet Cindy is vir jou bedoel”.

Dit is toe sy ons teen haar vasdruk wat ek sien daar is trane in ma Aletta se oë.

“En nou, die trane”, vra ek.

“Ag sommer simpel van my, moet jou nie daaraan steur nie want jy sal tog nie verstaan nie’, antwoord sy my.

Daarvanaf is ons terug na Cindy se huis toe en besluit ons om die volgende oggend Ashton baai toe te gaan om my aanneem ouers te gaan verwittig van die verwikkelinge in ons lewe. Om tyd te bespaar besluit ons dat sy die aand weer by my sal oorslaap en is dit toe sy haar ouers se toestemming vra wat die skerp antwoord van haar pa af kom, pa is onvoorspelbaar: “Seker maar reg maar moet net nie n gewoonte daarvan maak nie. As julle getroud is kan jy maar permanent daar gaan bly, terloops wanneer beplan julle om te trou”.

So ver het ek nog nie gedink nie en slaan die vraag my tussen die oë en los my rooi van verleentheid

Cindy red my egter uit my verleentheid uit: “Pa ons sal dit vanaand bespreek en besluit”.

Ons kuier nog so rukkie en terwyl Cindy haar tassie gaan pak word ek natuurlik deeglik onder kruisverhoor geneem en die leviete voor gelees wat haar pa aflsuit met: “Melt ek het een ongelukkige dogter en wil nie nog n dogter ongelukkig sien nie. Die duiwel sal jou haal as Cindy ongelukkig is”.

Cathy kom tussenbeide: “Ja toemaar die situasie het seker nou begin verander noudat Gert sy nonsense gelos het”.

Net toe kom Cindy tevoorskyn, en met netjiese bont rompie en ewe bont bloesie wat elke lyn van haar vroulikheid beklemtoon, slaan sy my asem weg.

Ons groet en is ons in die pad na my nessie toe met n babbelende Cindy wat haar hand die hele tyd op my been laat rus, glad nie goed vir my bloeddruk nie.

By my nessie gekom begin sy dadelik vir ons iets te ete voor berei met die opmerking: “Ek oefen solank om die huishouding oor te neem as ons eers getroud is”.

Ek laat haar maar begaan en binne n halfuur smul ons heerlik aan die roerbraai wat sy gemaak het. Klaar skottelgoed gewas gooi ek vir ons elkeen n KWV en gaan sit ons buite op die stoep in die donker wat nou sterk neerdaal met Port Elizabeth se ligte wat die horison heldr verlig. Die see is kalm vanaand en onder die rumoer van die branders deur jaag die golwe skuimtoppend strand toe. Die luggie is koud en sit Cindy styf langs my.

“Melt ek wil n lentebruid wees, so Oktober op die laatste wil ek trou”, neem Cindy weer die leiding.

“ Dis reg my liefde, as jy bereid is om eers hier saam met my te bly totdat ons n groter plek kry”, antwoord ek.

Cindy sit haar glas neer en neem my gesig tussen haar hande: “Melt, verstaan my mooi. Ons bly net hier en daar is iets wat ek jou nou gaan vertel. Ek gaan jou lief hê met alles in my. Ek sal jou alles gee en ek belowe jou jy sal nie n oomblik spyt wees nie”.

Dan is haar lippe op myne en soen sy met n ongekende warmte en passie toe haar lippe onder myne oopgaan om my die soet van haar mond te laat proe tot sy wegbreek om my skoon uitasem te laat.

Bietjie later besluit ons om in te gaan want dit word koud buite en speel ons bietjie musiek tot ons bietjie later gaan slaap want ek wil vroeg Ashton baai toe gaan.

Vyf uur word ek wakker gemaak met n koppie stomende koffie. Cindy in haar kamerjas maak my wakker terwyl sy die koffie neersit: “Opstaan laat slaper”.

Ek trek haar langs my op die bed neer maar voordat die vurige soen verder kan gaan word ek ferm weggestoot: “Melt kom ons moet aan die gang kom. Ek gaan gou stort en terwyl jy stort en aantrek maak ek gou vir ons ontbyt”.

Cindy laat nie op haar wag nie en met n soentjie wat geblaas word verdwyn sy om te gaan stort. Seker tien minute later verskyn sy in my kamerdeur: “Jy kan maar gaan stort ou grote”, en daar verdwyn sy weer.

Toe ek klaar gestort en aangetrek is is sy alreeds in die kombuis besig om ontbyt te maak, spek, eiers en roosterbrood saam met n koppie koffie. Geklee in n swart langbroek met n bloedrooi trui slaag sy weer daarin om my asem weg te slaan maar word ek net vir n oomblik toegelaat om haar vas te hou voor sy haar uit my arms uitdraai met n warm glimlag, vol beloftes.

Ons eet haastig ons ontbyt nadat sy ingeskep het en word die skottelgoed ewe haastig gewas. Ek dink ons altwee is nou haastig Ashtonbaai toe en in die koue more pak ons die tog aan terwyl die son oor die oosterkim breek.

Ons altwee word oorweldig deur die prag van die more en oudergewoonte sit Cindy met haar hand op my been terwyl die Land-Rover die kilometers opvreet.

Skielik kry my been n drukkie: “Melt ek is vandag die gelukkigste meisie wat daar is. Ek gaan vandag skaamteloos erken dat my bene lam geword het die eerste keer toe ek jou sien en ek het sommer dadelik die vonk in my vir jou gevoel”.

“Selfde Cindy, ek hat sommer met die eerste oogopslag die vonk in my ook gevoel”, antwoord ek.

Voordat ons ons onsself kon kry stop ek voor my ouerhuis in Ashtonbaai.

Pa en ma is oorstelp van vreugde oor die onverwagte besoek en sit ons skaars toe ek hulle die groot nuus meedeel en hulle seën op ons planne vra.

Pa Koos bly lank stil en toe word ek die leviete voorgelees: “Melt, ek is bly dat jy iemand in jou lewe gekry het wat jy jou lewe mee wil deel. Onthou net altyd die voorbeeld wat ek en jou ma vir jou gestel het. Jy weet ons was altyd lief vir mekaar en jy het ons nooit hoor rusie maak nie. Wees lief vir Cindy en sny rusies uit dan sal julle gelukkig wees”.

Soos gewoonlik gaan my ma uit haat pad uit om vir ons n heerlike middag ete te maak en cindy is nie links nie, voorskoot aangesit en sy help. Waar ek en pa Koos later op die stoep sit en oor die see tuur hoor ons net die gebabbel uit die kombuis uit.

In my hart is ek bly dat die twee vrouens mekaar gvind het en later oppad huis toe kan Cindy nie uitgepraat raak oor die heerlike kuier die dag nie.

HOOFSTUK 10

Na n redelike stil week is ek Saterdag oggend vyf uur op en aan die gang. Na n vinnige stort is ek in die Land-Rover om Cindy en ma Aletta te gaan oplaai vir ons naweek op Jakkalsfontein. Pa Piet en ma Annetjie gaan op hulle eie en Cindy se ouers ook.

Die dames is albei gereed toe ek hulle oplaai en spoedig vreet die Land-Rover die kilometers op Jansenville toe. Cindy sit oudergewoonte met haar hand op my been en ek moet ek erken dat sy in die rooi wintersrompie met n rooi wintersbloes n pragprentjie vorm wat my hart laat spring.

Ek loer n paar keer in die tru spieëltjie en sien dat ma Aletta ingedagte by die venster uitstaar na die verby snellende landskap.

“En as ma so ingedagte is”, vra ek naderhand.

Haar oë vang myne in die spieël: “Melt ek dink sommer. Dit is die eerste keer dat ek in baie jare op Jakkalsfontein gaan kom en ek moet erken ek is aan die een kant bang maar aan die anderkant sien ek uit daarna om die ou plaas waar ek groot geword het weer te sien”.

Aletta bly n paar oomblikke stil en in die spieël sien ek dat sy n sakdoek uit haar handsak haal en n traan of twee wegpink, ek dink daar gaan nou baie herinneringe deur haar gedagtes maar ek vra nie uit nie.

Toe ons voor die huis op Jakkalsfontein stop staan die hele familie ons en inwag. Colleen het skoon n gedaante verwisseling ondergaan in n netjiese broekpak en ek kan nie glo dat Gert dieselfde man is wat verlede keer so n buffel was nie.

Ons word hartlik deur die hele familie verwekom en word ons dadelik ingenooi vir koffie: “Mense julle is net betyds vir oggend koffie. Kom in en ons gaan sommer daar in die kombuis sit”, nooi Gert ons in.

Ma Aletta stap saam met ons kombuis toe en is Gert se woorde aan haar: “Aletta hoe voel dit om weer op Jakkalsfontein te wees”.

Ma Aletta is baie bewoë kom ek agter toe sy antwoord: “Gert ek het nie in my wildste drome dit kon dink dat ek ooit weer die voorreg sal hê om op Jakkalsfontein te kom nie. Ek is so bly dat ons weer versoen geraak het”.

“Ons het jou n groot onreg aangedoen sus maar ek is net so bly dat na al hierdie jare my vergewe het vir hierdie onreg wat jy aangedoen is”.

Gert staan op, neem ma Aletta se hand in syne en hy trek haar op om haar styf teen hom vas te druk. Trane wel in albei se oë op en dan gaan sit hulle weer woordeloos terwyl Colleen die koffie ingooi.

Ons drink ons koffie en Gert is die een wat opmerk: “Ek is bly julle is vroeg hier, voor die ander gaste vir die naweek kom, want daar is n saak wat ek met Aletta en Melt moet bespreek. As ons klaar koffie gedrink het wil ek dat julle saam met my studeerkamer toe gaan dat ons die saak kan bespreek”.

Ek en ma Aletta kyk vir mekaar en ons kan die nuuskierigheid in mekaar se oë lees. Ons drink haastig ons koffie klaar waarna ons studeerkamer toe gaan.

Dit is n netjiese studeerkamer met n lessenaar waarop n rekenaar met al sy bybehore staan. Teen die mure pryk pragfotos van kampioen bokke en skape asook n lugfoto van Jakkalsfontein, duidelik Gert se trots.

Nadat ons gaan sit het kyk hy ons indringend aan: “Ek is baie bly dat die ander nog nie hier is nie want ek wil eers n vraag vra”, spreek Gert ons aan.

Na n oomblikkie se stilte kyk hy vir ma Aletta: “Aletta sal jy graag vir Lukas du Toit na al hierdie jare weer wil sien?”.

Ma Aletta word wit en na n paar oomblikke se stilte antwoord sy: “Gert ja, ek dink so maar dit is nie moontlik nie, hy is mos in Amerika”.

Gert kyk vir my: “Melt dieselfde vraag vir jou, sal jy graag jou biologiese pa wil ontmoet?”.

Ek voel ek word lam want ek kry die gevoel dat hierdie man hierdie vrae met n doel vra maar antwoord dan: “Ek glo so ek sal graag my biologiese pa wil sien”.

Gert kry so ligte glimlaggie om die mondhoeke: “Ek het, nadat ek vrede gemaak het met jou Aletta, besluit dit is nie genoeg nie. Ek skuld Lukas du Toit namens ons oorlede ouers en myself ook n verskoning”.

Gert bly n oomblikkie stil en gaan dan aan: “Ek het op internet na hom begin soek en hom opgespoor. Ek het hom n e pos gestuur en my, en my oorlede ouers se verskoning aangebied. Tot my verbasing het hy my geantwoord en het hy my vertel dat sy Amerikaanse vrou onlangs oorlede is en dat hy oppad terug is Suid-Afrika toe om n professoraat wat hy hier aan die plaaslike universiteit aangebied is op te neem”.

Gert bly weer n oomblikkie stil en dan los hy die werklike bom: “Hy was gister hier by my op die plaas en het hy my vertel dat sy twee kinders wat hy by die Amerikaanse vrou gehad het nou op hulle eie is en dat hy gevoel het dat hy wil terugkom Suid-Afrika toe. Hy het dadelik na jou verneem Aletta en ook na jou Melt. Lukas du Toit sal julle graag wil ontmoet en met julle toestemming kan ek hom nou skakel en hy is vandag hier”.

Gert kyk vir Aletta maar ek kan sien sy is aangenaam verras. Sy knik net haar kop en dan kyk Gert vir my. “Dit is reg so Gert, as dit reg is met my ma”, antwoord ek.

Aletta praat vir die eerste keer terwyl sy vir my kyk: “Ek moet erken ek het Lukas nog nooit vergeet nie en ek dink ek is nog lief vir hom, ten spyte van alles. Dit is reg Gert laat hom kom. Ek wil net graag ons ouers se grafte besoek voordat hy en die ander kom”.

Ma Aletta staan op en kyk vir my: “Melt sal jy saam met my begraafplaas toe stap, ek wil jou graag saam my my daar hê”.

Ek staan ook op en stap ons almal saam kombuis toe. Gert bly in die kombuis staan en wys vir die ander om te bly toe ek en ma Aletta by die agterdeur uitstap.

Ons stap in stilte by die stoor verby tot by die klein kerkhoffie wat netjies omhein is. Die kerkhof is pragtig versorg en die hekkie kraak nie eers toe ek die hek oopstoot en opsy staan dat ma Aletta kan instap nie.

Eers stap sy na haar ouma en oupa se grafte toe en bly daar n oomblikkie stilstaan en vertel my: “Melt hier rus jou oupa en ouma”.

Toe gaan sit sy op die marmerblad op haar ouers, my ouma en oupa se grafte, terwyl sy die gruis op die graf liggies met haar vingers streel.

Ek kan sien sy is baie emosioneel en swyg eerbiedig toe sy haar kop teen die grafsteen laat rus.

Ma Aletta gaan aan die huil en gelukkig het ek n sakdoek by my wat ek haar kan aanbied en sy dankbaar aanvaar om die trane af te vee.

“Pappa, Mamma julle dogter het huis toe gekom, al het julle my nooit vergewe nie. Ek vergewe julle en mag julle in vrede rus”, kom dit snikkend oor haar lippe.

Sy sit n hele rukkie so en dan steek sy haar hand uit na my toe om haar op te trek. Ek trek haar op en dan druk sy my styf teen haar vas: “Melt dinge kon so anders gewees het as hulle my vergewe en bygestaan het toe ek swanger was maar ek gaan hulle nie verwyt nie. Ek vergewe hulle vir dit wat hulle my aangedoen het en mag hulle in vrede rus. Kom ons gaan huis toe, ek het hulle kom groet”.

Ons stap stadig huis toe en toe ons by die huis kom vra niemand vrae nie, ek glo Gert het hulle vertel waarheen ons is maar spreek hy Aletta aan: “Aletta, Lukas sal nou nou hier wees. Ek het hom oorgenooi en hom gesê hy is baie welkom”.

Gert het net klaar gepraat toe daar twee voertuie voor die voordeur stop. Cindy se ouers en my ouers het gekom en is dit die gewone algemene groetery en geselsery. Colleen jaag ons almal sitkamer toe terwyl sy vir ons tee maak om die dors te les.

Dit is die eerste keer wat ek in die sitkamer kom en die eerste wat my oog vang is die familiefotos wat teen die een muur hang. Saam met ma Aletta staan ek lank na die fotos en kyk voordat ons gaan sit. Ek loer terluiks na ma Aletta en dit is of daar n effense opgewondenheid in haar is, seker omdat sy Lukas weer gaan sien en nie die tyd kan afwag nie.

Dit slaan my tussen die oë toe ek dit besef, sy het Lukas du Toit nog net so lief soos altyd. Al hierdie jare was daar nog nooit n ander man in haar lewe nie en het sy getrou gebly aan haar eerste liefde. Al wat ek voor kan hoop is dat haar wag op haar eerste liefde nie tevergeefs was nie. In my hart hoop ek dat sy en Lukas mekaar vind en dat sy nou, uiteindelik na al hierdie jare, ware geluk gaan vind met die man wat sy nog altyd lief het.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 136
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 21 gaste aanlyn