Jongste aktiwiteit:

Alles wat jou hart begeer en …

‘n Vliegtuig onder wolwolke,
Tafelberg, die son wat sak
in amberpienk en rooiframboos
skakerings teen die blou geplak –

dit bring ek als vir jou.

‘n Blink maan in jou vensterraam
‘n duif wat op jou dwars draad staan
‘n kolgans in die môredou
‘n geelvink wat ‘n grasnes bou –

dit weef ek in jou dag.

My lelieblom se oopbeklag,
my sagte son, my hemelsblou
wat amberrooi en pienkframboos –
dit álles maak ek waar vir jou

en ‘n vliegtuig(sk)ets teen wolwolke.

© Carma Shaw
12 September 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed