Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Alles is dieselfde, maar alles het verander…

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 17 Julie 2017 Aantal woorde: 158 46 Kere gelees 2

‘n wit en rooi sambreeltjie
op die tafel langs die TV
en die spore van twee trane op my wang

‘n dooie bos proteas
in ‘n rooi vaas op die tafel
en buite hoor ek hoe die krieke sing

my spieëlbeeld sing ʼn melodie
wys spore van verlange
ʼn silwer stroom van seerkry oor my wang

ek hoor jou roep, jy roep van ver af
die antwoord kil; in die koue weet ek
jy is nie daar nie, die wete maak my stil.

stemme sing in kore
ek hoor dit oor en oor en oor
my hart weet ek het jou finaal verloor

voor die stormwind my wegwaai
wens ek tog vir nog net een en keer
ʼn oogblik, net een oomblik saam met jou

in die storm pryk ʼn reënboog
vol beloftes van ʼn nuwe dag
ʼn ewigheid van vreug wat op ons wag

alles is dieselfde
maar alles het verander
en nou moet ek tot môre vir jou wag




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 17, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

    2. profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

      Ronel Janse van Vuuren

      Julie 17, 2017

      Pragtig 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marisa J. Labuschagne

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 27
    Kommentaar telling: 23

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 21 gaste aanlyn