Jongste aktiwiteit:

Al lê die Berge nog so blou.*

Al lê die berge nog so blou*

As ons Kaapse berge brand,
geblaas deur eie woede en die wind,
dan dwarrel blom en twyg van fynbos
spookpatrone oor die strand.

Al lê die berge elders blou,
knak Knysna-woude midde roet en as
en verwronggebrande dier en voël
verkool in vlam en rook se dampend grou.

Waar eens die ooptrappaadjies
van spelend’ veldmuisies deur grassies kronkel
lê nou slegs ’n dowwe poeierspoor
oor teer, verbrande git van fynbossaaidjies

en in die klofies, kaalgestroop
van boom en dos, stu halfverskroeide loof
die karig’ beek tot slodderend’ modder-as;
verhoed selfs dat ’n syfering verloop.

Al lê die berge nog so blou
daar waar die rook en vlamme nie kon kom,
lê ons ou Kaapland swart verbrand; verteer
deur helse gloed van windjaagvlam se vuur
en snik die mens, die dier, die veld in rou!

*FAK Sangbundel. (Titelnaam: Al lê die berge nog so blou.)




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed