Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ahoy kaptein – jou skippie sink!

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 21 September 2017 Aantal woorde: 111 36 Kere gelees 3

Ek besef eks net ń nommer
op ń salaris jornaal
ń Skewe sewe, of gebrekkige nege
waaraan jy wroeg om te betaal.

Soos al die ander hier
net ń nommer, op verslete papier –
wat ʼn wrakskip in jou afwesigheid
deur stormwaters stuur.

In die lig van ʼn vuurtoring
wat vaagweg hierlangs skyn,
is al wat van jou sigbaar is
die knop op die  strand
waar jou kop in verdwyn.

Afkrakende woorde
snou vlymskerp deur respek,
soos die geweld daarvan
goed met kwaad bevlek.

Ja – ek is vervangbaar
net soos almal hier
ʼn Meninglose nommer
op ʼn stuk papier.

Soos die dapperes voor my
staan ek óók nie bakhand nie.
Vervangbaar ja beslis –
maar nie ʼn slaansak nie!




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 53
    Kommentaar telling: 50

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 107 gaste aanlyn