Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Adderleystraat

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 9 Maart 2017 Aantal woorde: 125 158 Kere gelees 1

(Nou loop jy so versigtig, Mamma
en jy moet mooi kyk waar jy stap,
maar laat rus jou hand sag op my arm
– dan klim ons sáám
die laaste trap.)

Adderleystraat

Ek wonder of die sypaadjies
van Adderleystraat onthou –
die klik-klak van jou hoëhakskoene
verby die Stuttafordsgebou.

En dra die ruite nog herinnerings
van jou plooiromp wat so swaai
as die Suidoos asem uitblaas
om Kaapstad
se elke hoek en draai.

Hou die blommemark nog inherent
jou wese vasgevang,
sal – tussen asters en geel rose –
nog ‘n sweem
van jou parfuum rondhang.

Ek verbeel my soms
ek hoor dit nog –
jou voetval in gereëlde maat,
die klik-klak van jou flinke tred
verby Standardbank, oor sypaadjies,
op koers
deur Adderleystraat.

© Carma Shaw
08 Maart 2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Maart 9, 2017

      Ek loer graag hier in terwyl ek deur die werf blaai om te sê dit is ‘n besonderse menslike-mooi vers. Jou werk is ‘n aanwins vir INK en dit is voortdurend ‘n besonderse voorreg om jou talent te beleef. Welgedaan Viooltjie.
      Groete
      IM

      • profiel foto van Viooltjie

        Viooltjie

        Maart 9, 2017

        Baie dankie, IM. Ek waardeer die inloer en kommentaar regtig baie 🙂

    2. profiel foto van neels

      neels

      Maart 10, 2017

      Moet jou gelukwens met hierdie een Carma. jy verdien beslis tien goue sterre hier

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 190
    Kommentaar telling: 703

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 42 gaste aanlyn