Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: AANDAG ALLE INK LEDE – PRESTIGE GALA AAND 4 NOV 2017 Ons wag vir getalle asb.

Deur Anze
Datum gepubliseer: 2 November 2017 Aantal woorde: 294 276 Kere gelees 6

Hiermee wil die INK span u in kennis stel dat ons be-oog om ons 2de Prestige gala-aand aan te bied, waar daar weer toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 04 November 2017 om 18:00 vir 18:30 by die hAp huis, Malherbestr 115, Capitalpark. Pretoria. Drag formeel.

GETALLE WORD DRINGEND AFGEWAG!!

Toekennings gaan oorhandig word as volg:

(A) *Digter van die jaar
(B) *Gedig van die jaar

(C) *Skrywer van die jaar
(D) *Verhaal van die jaar

(E) *Rubriekskrywer van die jaar
(F) *Rubriek van die jaar

Geliewe daarop te let dat dit nie noodwendig die wenner in ‘n kategorie gaan wees wat die plasing van die jaar in die betrokke kategorie sal wen nie. Die INK moderators hou die webwerf reg deur die jaar dop vir uitsonderlike plasings in elke afdeling afsonderlik wat in aanmerking sal kom.

Die nominasies is reeds deur die INK paneel gekies op grond van die jaar se plasings en aan onafhanklike partye voorgelê vir finale beoordeling.

Die wenners  (soos deur die betrokke borge gekies) van die 2de asook die 3de skryfkompetisie word aangekondig EN hulle sal hulle pryse op 4 Nov 2017 tydens die gala funksie ontvang.

Kostes verbonde is n bedrag van R150 pp, wat lewendige vermaak, vonkelwyn, versnapperinge en ‘n ete insluit. Kan u asb so gou doenlik u name deurgee sodat ons die plekbesprekings kan doen.

Bankbesonderhede vir inbetalings om jou bespreking te bevestig:

met u INK naam as verwysing + gala in die volgende rekening nr:

FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247

Ons benodig asb baie dringend getalle en ‘n aanduiding wie graag die gala aand wil en kan bywoon (gaste is ook welkom teen R150 pp), sodat ons die finale reelings kan begin tref.

RSVP asb voor 31 Oktober 2017 by skryfafrikaans@ink.org.za

Inkgroete
Die Ink span




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. Viooltjie

      September 27, 2017

      Dankie vir die inligting, Anze. Gaan julle ook die wenners van die Tweede Groot Skryfkompetisie op die Gala aand aankondig?:-)

      • profiel foto van Anze

        Anze

        September 27, 2017

        Viooltjie die wenners van die 2de en 3de skryf kompetisie word aangekondig en kry hulle pryse op die gala-aand, so daar gaan sommer n klomp welverdiende wenners wees wat met groot pryse gaan wegstap

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Oktober 10, 2017

      Goeiedag, dit sal vir my ongelukkig onmoontlik wees om die geleentheid by te woon aangesien daar iets voorgeval het. Ek vra om verskoning vir enige ongerief wat ek veroorsaak het en vertrou dat dit ‘n vreugdevolle en geseënde aand sal wees. Barbara

    3. Viooltjie

      Oktober 12, 2017

      Dankie, Anze. Ek het nou betaal vir 4 persone. 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Anze

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 168
    Kommentaar telling: 1539

    Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 74 gaste aanlyn

    Bydrae Totale