Jongste aktiwiteit:

1. Joodse Grappie, die Vriendin

Die Joodse Grappies – Dit is wat die Jode ondermekaar vertel; in teenstelling met die Jodegrap – Dis wanneer bose mense die Jode wil beledig en hulle slegsê. Die Joodse grappies het dikwels ‘n „slim” rabbyn: ‘n Rabbi wat dikwels sy vertwyfelde gemeendelede die snaaksste raad gee. Maar nie net rabbyne maak mal voorslae of tref wonderlike beslissings nie. Die gemeendelede moes dog by hulle geleer het . . . en wat gebeur dan?

Die Vriendin
Mosche kry swaar by die huis want sy vrou het ontdek dat hy ‘n vriendin het.

„Dis glad nie so erg nie,” sê hy, „kyk, alle vername mans het deesdae ‘n vriendin. Dis mos ‘n statussimbool. Ons vriend Kohn het ‘n vriendin, my baas by die werk het een, die burgemeester ook. Almal het ‘n vriendin.”

Wekelank kry hy geen rus van sy neulende vrou nie. Een aand gaan hulle saam na die kabaret. As die hele Corps de ballet op die toneel kom dans, sê hy, „Sien jy die lang blondine, daar regs? Dis die burgemeester se vriendin. En die brunet langs haar? Dis Kohn s’n. En heel links in die tweede ry is my baas s’n met die kort swart hare.”

Sy vrou kyk hom streng van die kant af aan en sê niks nie.

„Sien jy die rooikoppie heel regs in die tweede ry? Dis myne.”

Sy vrou sê nog altyd niks nie. Sy staar konsentreerd op die toneel. As hulle aan die einde van die nommer afdans, stel sy vas, „Ons s’n is die mooiste.”

©.11e.September2017…..ψψψ. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . tje




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed