Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film

Deur Toom
Datum gepubliseer: 20 Maart 2017 Aantal woorde: 395 130 Kere gelees 3

FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film

Nou die jaar [2005] het ek die film met Leon Schuster gesien, waar twee mense op ‘n verhoog staan en baklei en mekaar met ‘n kitaar slaan. En wie was in die eerste ry voor in die gehoor? Al Debbo! Liewe ou oom Al Debbo. Bietjie ouer as hy was, maar dit was ja AL DEBBO! En al wat hy kon sê was, „Kyk die kitaar! . . . Wat maak hulle met die kitaar? . . . Die kitaar!”

Ж

Goeie, liewe ou Al! Hom het ek laas gesien in die ou Savoybioskoop in Benoni. Daar was ek nog ‘n kind en hy het in die Saterdagoggendse morningmatineé ons kinders kom vermaak. Hy het vertel hoe hy ‘n oplossing het vir die nuwe Comet-spuitvliegtuie wat gedurig aarde toe val omdat die vlerke gedurig afbreek. Onthou iemand dit nog? Sy raad was om ‘n digte ry klein gaatjies tussen die romp en die vlerke van die vliegtuig te boor. Want, het hy gesê, wie het al gesien dat die toiletpapier aan die gaatjies langs afskeur?

‘n Ander een was dat die Algemene Poskantoor ‘n nuwe posseël gaan uitreik: Dit was ‘n groepfoto van die australiese span (rugby of krieket, weet ek nie meer nie). En waarom dan? Sodat ons springbokke hulle sal „lek” (to lick them = om te wen). Daar was ek tog ‘n bietjie onseker, want ek kon nie die kloutjie by die oor kry nie: Wíe sal wíe wáár lek? Maar toe nou, dit was ons Al Debbo.

Natuurlik het ek hom ook in die film-eposse met Frikkie Burgers gesien. Toentertyd was dit swart-wit filme, en die mense het Afrikaans gepraat sonder engelse ondertitels en nie die helfte engels met die piep-geluid elke paar sekondes om aan te dui dat iemand alweer ‘n piepgeluidwoord gesê het nie. En ‘n dosyn ander filme, of was dit al ‘n honderd? Ook die eerste kleurfilms, soos die een waar iemand ononderbroke op ‘n Lambretta aan ‘n draaiende Westminsteradvertensie verbyry: As kind al het ons geweet dat mens êrens geld moet gaan haal om die duur kleurfilme te kan maak! Dan was daar Jok en Jamie Uys wat ook met swart-wit aangevang het. Jar-re later het ek ervaar dat sy naam „Djeimie” uitgespreek word.

Ag, ja, liewe ou Oom Al!

In die film was so ‘n oulike umfaantjie met ‘n skrikwekkende kekkellag.

Ж

©20e.Maart2017_____.…ooЖoo…___________(2005)tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 153
    Kommentaar telling: 157

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 40 gaste aanlyn

    Bydrae Totale